Friday, November 24, 2017
Text Size

Dinsdag, 8 Julie 2014 het Worcester se eerste mobiele sekuriteits stasie in werking getree. Die doel van hierdie veiligheidspunte is om sigbare polisiering te bevorder, misdaad te bekamp en polisiedienste nader aan die gemeenskap te bring. Hierdie projek word gedryf deur Worcester Besigheidsforum (WBF), Worcester Besigheidsverbetering Distrik (W-SVD), Breede Vallei Munisipaliteit (BVM) Wetstoepassing en Verkeersafdeling, Suid-Afrikaanse Polisie Dienste (SAPD) en Gemeenskaps Polisie Forums (GPF en GPF-Sub-Sektor 3).

Die waentjie word beman deur vier (4) SAPD reserviste wat volledig opgelei is. Belhawe sigbare polisiering soos voetpatrollies, word verskeie ander dienste aangebied soos sertifisering van dokumente, die neem van verklarings en aanmelding van klagtes.
Tans is die waentjie daagliks operasioneel tussen 08h00 tot 16h00 en roteer deur die middedorp na verskeie punte, namelik.

  • Maandae hoek van Russell en Hoogstraat (voor Debonairs)
  • Dinsdae in Stockenstromstraat (voor Mr Price),
  • Woensdae in Baringstraat (voor die munisipale kanore),
  • Donderdae in Napierstraat (voor Russelskema langs 1-UP),
  • Vrydae en Saterdae in Durbanstraat (naby DC People’s Choice).

Tans verdien die polisiereserviste GEEN vergoeding nie en ons wil graag ‘n bydra maak om hul elk ten minste R50 per dag as beloning gee. Die Worcester Sakekern Verbeteringsdistrik beplan ook om ten minste nog drie mobiele stasies te verkry en so ’n groter impak gemaak kan gemaak in terme van veiligheid in die middedorp.

Vir meer inligting kontak Herman Bester (WBF en Sub-Sektor 3) 082 777 5350 of Adjudant Stander (SAPD) by 082 522 1003 of stuur ‘n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

WBF Login