Friday, November 24, 2017
Text Size

Oktobermaand is tradisioneel Borskankermaand, vir die tweede jaar in Worcester, gaan plaaslike organisasies in samewerking met Pienk Bome vir Pauline die aandag vestig op kanker in die algemeen. Boomstamme in van etlike 100de dorpe dwarsoor Suid Afrika sal in kilometers pienk materiaal toegedraai word om mense meer bewus te maak en terselfdertyd fondse in te samel vir mense wat deur die siekte geraak word.

Die nasionale projek, Pienk Bome vir Pauline, is reeds in sy derde jaar en het Worcester verlede jaar die eerste keer deelgeneem. In Worcester het die entoesiasme gedurende Oktobermaand verlede jaar bo verwagting toegeneem en dit was nie lank nie, toe daar baie meer bome in pienk getooi as wat verwag is. pls check my grammer Dit het die dorp aansienlik vervrolik en meer as R50,000 vir die plaaslike tak van CANSA, Boland Hospice en Pink Bome vir Pauline ingesamel.

Die aksieplan vir 2014 is om meer as 3,750 meter pienk materiaal te verkoop, wat verskaf sal word, teen R20 per meter. Dit is die jaar ook moontlik on ‘n boom te borg teen ‘n koste van R100.

Die fondse wat ingesamel word, sal word vir behoeftes soos die verskaffing van prosteses en rolstoele, pruike, vervoer van kankerpasiente, tuisverpleging, voedingskemas en verblyf tydens behandeling.

Besighede en persone wat belangstel kan die materiaal gedurende die week by die volgende plekke aankoop:

  • Kleinplasie Worcester toerisme kantoor,
  • Boland Hospice winkel in Durbanstraat,
  • Kansa kantore in Fairnbairnstraat.
  • Vanaf 9 Augustus tot 5 Oktober is daar elke naweek 'n spesiale stalletjie in die Mountain Mill Mall wees waar materiaal gekoop kan word.

Instansies wat groot hoeveelhede materiaal wil aankoop of meer as 10 bome wil borg (en so jou besigheid se naambord teen een van die bome gratis laat verskyn) kan met een van die volgende persone skakel:

Janneke Beukes: 023 342 6244, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elzabé Morkel: 023 342 8710, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Danielia Hermanus: 023 004 0477, This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

WBF Login