
The Western Cape Government is pioneering an exciting new programme that plans to bring both business and the environment together. The 110% Green initiative wants entrepreneurs and business to think in a way that is not only innovative, but also in terms of how to bring investment into the Green Economy. The Premier of the Western Cape, Mrs Helen Zille is hosting a 110% Green and Better Together Cycle Tour as part of Transport Month in South Africa, and thanks to one of our local companies, Victoria + Alfred Bath (Pty) Ltd, Worcester was selected to host the Premier and the Better together Cycle event.
Read more...
“Base of renewable energy and related green economy business driver of growth and job creation … “
“To play a role in ensuring that the barriers to the growth of the green economy in the Western Cape are minimized and that the Western Cape is the investment destination of choice for businesses involved in the African Green Economy.”

I am Worcester, a campaign to build community,
bring hope, reconcile and bridge divides...
Every Friday proud inhabitants of Worcester wear the T-shirt.
Avalilable at De Jagers retailers.

You may have read about the Breede Valley Partnership or seen the “Wish Walls” dotted around Worcester, as well as in Rawsonville, De Doorns and Touwsrivier. The “Wish Walls” are the first tangible product of the Breede Valley Partnership. These walls have the aim of capturing the perceptions of our citizens, to get a glimpse of how they see their town, each other and even themselves. Wish walls are available at all the libraries in Worcester, at Quenets Arcade (paper and pens at Quenets Jag & Hengel) and in the Mountain Mill Shopping Centre (paper and pens available at Centre Info food court).

The Breede Valley Partnership is a partnership between private sector, local government and civil society, aimed at identifying urban regeneration or improvement districts.
The Worcester Business Forum is proud to be an active part of the partnership and we look forward to sharing some of the exciting actions in the new future.Not official logo on right
Articles in which the Worcester Business Forum features. Mainly from the Worcester Standard, the local newspaper.
WORCESTERIETE moet begin om in meer geleenthede vir al die mense te belê en moet berekende risiko’s en kanse neem om ’n welvarende dorp vol moontlikhede te skep.
Só sê mnr. Arie Fourie (37), die Protea Hotel Cumberland se operasionele bestuurder. Die enigste voorvereiste wat hy hiervoor het, is dat mense meer positief raak rondom die dorp en alles wat hier aangaan.
Volgens Fourie wil hy, deur ’n verskil in almal se lewens te maak, eintlik ’n beter Worcester vir almal skep.
Fourie is in 1975 op Worcester gebore en het matriek aan Worcester Gimnasium voltooi.
“Ek wou toerisme ná skool bestudeer, maar ek het toe die geleentheid gekry om self in die bedryf, by Church Street Lodge as gastehuisbestuurder, te gaan werk,” sê Fourie.
Daarna het hy vir twee jaar by Protea Hotel Cumberland as ’n besprekings-kantoorbestuurder gewerk.
Fourie het ook as ’n kleinhandelsverkoopsbestuurder by ’n meubelwinkelop Worcester gewerk, en ook vir vyf jaar as ’n konferensie-organiseerder by Goudini Spa.
Volgens Fourie is hy ’n ekstrovert met ’n groot vriendekring. Hy het sowat twee weke gelede weer by Protea Hotel Cumberland aangesluit.
Fourie is verantwoordelik vir die bestuur van die Worcester Besigheidsforum (WBF) se kommunikasie-, bemarkings- en gebeureportefeulje in die Breedevallei.
Hy dien ook as ’n bykomende lid van die WBF se uitvoerende komitee.
Fourie glo dat hy die stem vir die stemloses deur die WBF kan wees, en kan help om by te dra tot die verbetering van die dorp en die mense se lewens.
“Mense op Worcester is altyd geneig om te sê ons kan nie en ons sal nie, maar ons moet al die geleenthede en die kanse wat oor ons pad kom, neem. Ons moet begin om in onsself en ons dorp te glo, en dit sal ons help om groter dinge op Worcester te bereik,” sê Fourie.
Volgens Fourie is hy lief vir die buitelewe en gaan kamp gereeld in die Sederberge.
“Ek sien groot planne vir dié dorp. Dinge is besig om in die regte rigting te beweeg, ons moet net op die regte dinge fokus en saamwerk,” sê Fourie.
Source: Worcester Standard:
http://www.worcesterstandard.com/26117/news/article/fourie-bepleit-meer-geleenthede
WAT kan ek op Madibadag vir Worcester doen?
Die doel van Mandeladag is om mense te inspireer om die wêreld te verbeter en sodoende ’n wêreldwye beweging vir die goeie te bou en gemeenskappe te bemagtig.
Neem aksie, inspireer verandering en maak elke dag ’n Mandeladag, lui ’n inskrywing op die Nelson Mandela-stigting se amptelike webwerf.
Individue, sakeondernemings en organisasies word aangemoedig om deel te wees van Mandela-dag ten einde armoede wêreldwyd te beveg en vrede en versoening te bevorder.
Die Worcester Besigheidsforum (WBF), saam met die Breedevallei Munisipaliteit, departement van onderwys, die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, die Worcester Kunsvereniging, die Worcester Heritage and Conservation Society, The Golden Valley Casino, Worces-ter Standard en die Worcester Hoop en Versoeningsforum sal die fasiliteerders van Mandela-dag en die Sorg vir Worcester-week van 16 tot 20 Julie wees.
“Die beplande program vir die week is fantasties,” sê Sheraz Rayban, visevoorsitter van die WBF. “Dit begin met ’n motiveringsontbyt die Maandagoggend, ’n pretloop, ’n parade deur Hoogstraat, die onthulling van die Nelson Mandela-standbeeld op Kerkplein en ’n dag van pret vir kinders op 18 Julie.”
Die WBF sal die fondsinsameling fasiliteer en geld wat ingesamel word by gebeure wat met die Mandela-standbeeld verband hou, sal gebruik word om vir die standbeeld te betaal. R80000 is steeds daarvoor nodig. Ekstra geld wat ingesamel word, word aan die Standard Kinderfonds geskenk.
Kaartjies (R120 stuk) vir ’n jazz- en popfees ten bate van die Mandela-standbeeld is tans te koop. Dié fees word op 29 en 30 Junie by The Golden Valley Casino aangebied. Die casino sal R40 skenk vir elke kaartjie wat verkoop word. Kaartjies is by Computicket te koop.
Skole in die vallei berei tans kunswerke, gedigte, opstelle en boodskappe voor vir die tydkapsule wat in die voetstuk van die standbeeld verseël en oor honderd jaar, op 18 Julie 2112, opgemaak sal word.
’n Reis word na Robbeneiland beplan om stene uit die steengroef waar Mandela gewerk het, vir die voetstuk van die standbeeld te haal.
Mense wat betrokke wil raak, kan Nik Wullschleger by die WBF by 00837352038 bel.
MET ’n passie vir tegnologie en kommunikasie om mense op Worcester te verbind, glo hy dat Worces-teriete saam moet werk sodat die dorp en al die mense in die Vallei saam op ekonomiese vlak kan groei.
Dit is mnr. Christof Linde (31), hoof van bemarking en innovasie van nuwe produkte en dienste by Breedenet Wireless Internet Solutions, se geloof dat die jeug ’n stem en die potensiaal het om tot die ontwikkeling van Worcester by te dra.
Linde is in 1980 in Pretoria gebore, maar het nooit die geleentheid gekry om in dié groot stad te bly nie ná sy pa sy mediese praktyk gesluit en die gesin na Worcester verhuis het.
Linde was net twee jaar oud toe hy en sy gesin op Worcester kom woon het.
“Ek is lief vir kleiner dorpe soos Worcester. Ek sal nie in staat wees om in ’n groot stad soos Kaapstad te leef nie - selfs die Paarl is redelik groot vir my,” sê Linde.
Hy beweer dat hy ’n introvert is en dat daar ’n sterk band tussen hom en sy klein vriendekring is.
Linde het in 2008 konsultasiewerk vir BreedeNet begin doen. Later dieselfde jaar het hy mede-eienaar geword.
Volgens Linde het hy ná skool ’n diploma in webontwerp en rekenaaropleiding by Unisa en Prestige College verwerf.
As tweede jongste lid van die Worcester Besigheidsforum (WBF) is Linde verantwoordelik vir die bestuur van die WBF se kommunikasie-, bemarkings- en gebeure-portefeulje in die Breedevallei.
“Ons vriendekring meen dat, as jongmense, ons ook ’n waardevolle bydrae kan maak tot ons dorp. Dit is die rede hoekom ek besluit het om by hierdie forum aan te sluit.”
Volgens Linde het dit in die verlede altyd gevoel asof dinge stadig gebeur op Worcester. Nou dat die WBF gestig is en saam met die Breedevallei Munisipaliteit werk, “is dinge besig om vinniger te gebeur op hierdie dorp”.
“Die enigste hindernis wat ons keer om ons potensiaal te bereik, is dat ons moet begin om ons ingesteldheid te verander. Ons moet ’n positiewe uitkyk vir ons dorp begin aanneem,” meen Linde.
Volgens hom het hy in 2001 vir sewe jaar liefdadigheidswerk in Europa vir Youth with a Mission (YWAM) gedoen. Hy is ook betrokke by die Toyota Enviro Outreach-projek waar hulle DNS-monsters van verskillende plante en reptielspesies in Suider-Afrika versamel.
Linde is lief vir kosmaak, bergfietsry en hou daarvan om boeke en tydskrifte wat op die tegnologie fokus, te lees.
Een ding van Linde is dat hy lief is vir Apple-toestelle mens sal hom altyd op sy Iphone of Ipad sien werk!
http://www.worcesterstandard.com/25467/news-details/saamwerk-is-die-pad
MANDELA project . . . “Are you involved?”
Worcester will very soon have its own Nelson Rolihlahla Mandela statue in view of his 94th birthday celebrations.
Representatives from the Breede Valley Municipality (BVM), Worcester Arts Society and the Worcester Business Forum have decided that the statue will be situated inside the Garden of Remembrance between the Voortrekker Eeufees of 1938 and Union Festival of 1960. The Standard is the official media partner of this initiative.
The larger-than-life statue will stand on a plinth made from stones taken from the quarry at Robben Island.
A round (stainless steel) time capsule will be positioned at the foot end of the statue, which will contain letters and poetry written by learners of schools involved in the project, and a special letter from the current Breede Valley Municipality’s executive mayor, Basil Kivedo.
The time capsule will only be opened in the next 100 years for future generations to view.
“Before making this decision, we had to take the limited space inside the Garden of Remembrance into consideration, whilst also respecting the other historic artifacts,” said Cllr.Arnoldus du Toit, on behalf of the Breede Valley Municipality.
Chairman of the Worcester Business Forum, Nik Wullschleger, did however, mention that certain sections of the Garden of Remembrance need to be revamped and renovated by the BVM before the statue can be placed.
According to local well-known artist Lorna Reade, the Mandela statue has already gone to Cape Town to undergo its transformation.
“The creation of the larger-than-life statue is now complete and has left Worcester for its bronzing phase. This bronzing process will ensure that the statue lasts forever. The day of the unveiling on the 18th July, will be a festive occasion for the entire Worcester community,” said Reade.