Saturday, September 23, 2017
Text Size

Die Worcester Besigheidsforum (WBF) in samewerking met die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) het die afgelope naweek ’n opname gedoen onder al die karwagte en haweloses in die dorp.

Die doel van die projek is om dit vir opvolgdoeleindes op rekord te hê. Elkeen moes ’n vraelys voltooi sodat daar gekyk kan word na die omstandighede van die mense.

Danelia Hermanus van die WBF sê die langtermyndoel is om ’n volhoubare oplossing te kry vir die haweloses in die dorp.

Die WBF en BVM wil graag haweloses met vaardighede toerus wat vir hulle ’n inkomste sal genereer. Wade Thys, gemeenskapsontwikkelingsbeampte van die BVM, sê hulle wil in samewerking met die haweloses oplossings vind.

“Ek het baie geleer oor die verloop van die naweek en het ’n dieper insig van die omstandighede wat mense tot die strate dryf,” sê Thys.

Die opname is met behulp van vrywilligers gedoen.

Die groep het ook Sondag die haweloses met kos bedien.

Die inligting sal deurgegaan en verwerk word om fase 2, wat na die haweloses se behoeftes gaan kyk, in werking te stel.

Karwagte is ook dieselfde vraelys gegee om te voltooi. Die name sal op ’n databasis geplaas word sodat die mense voorkeur kry vir werkskepping as nuwe projekte in die middedorp aangegaan word.

Hermanus en Thys vertel dat karwagte sowat R2 000 per maand verdien met kleingeld wat hulle van motoriste ontvang. Die geld word gebruik om hul gesinne mee te onderhou

SAFETY TRAILER BRINGS SENSE OF COMFORT TO CBD

Joline van der Merwer Worcester Standard

WBF Login