Saturday, September 23, 2017
Text Size

“Die Worcester Winkelhart is ’n inklusiewe bemarkingsveldtog wat die inkopie-ervaring in die middedorp sal laat herleef -  ons Winkelhart.”

Só sê Nik Wullschleger, voorsitter van die Worcester Besigheidsforum.

Worcester het die suksesvolle Winkelhart-konsep van sy susterstad Aalst in België geleen.

Wullschleger sê die Aalsters is baie opgewonde oor Worcester se Winkelhart, wat hulle ten volle ondersteun.

“De Zuid-Afrikaanse zusterstad van Aalst heeft een eigen variant van ‘Aalst Winkelhart’ uitgewerkt. Het bestuur van Worcester heeft, op basis van de door Aalst ingebrachte expertise, een eigen variant van het Aalsterse concept ‘Aalst Winkelhart’ uitgewerkt. Daarbij werd ook het hartvormige logo overgenomen. De campagne moet bijdragen tot meer winkelplezier en de lokale handelaars ondersteunen”, lui ’n aanhaling uit ’n Belgiese koerant oor Worcester se Winkelhart.

Die hartvormige logo dui aan Worcester is die Omgee-hoofstad van Suid-Afrika. Die logo sluit al die straatname in wat in die middedorp gevind kan word vanaf Tulbagh-en Durbanstraat en Riebeeck-en Somersetstraat. “Die inklusiewe Winkelhart-handelsmerk moedig elke maatskappy aan om by die bemarkingstrategie in te koop -  van die grootste kettingwinkel tot die kleinste handelaar,” het Marco Adams, voorsitter van die Worcester informele handelaarsassosiasie en ’n direkteur van die Worcester Sentrale Opgraderingsgebied (Worcester Business Improvement District), gesê.

’n Opwindende kalender van gebeure word beplan vir elke Winkeldag wat op die eerste Saterdag van elke maand sal plaasvind.

“’n Spesiale herbruikbare Winkelhart-inkopiesak sal jou paspoort wees tot ’n rykdom van aktiwiteite, spesiale aanbiedinge, afslagpryse en geskenke,” sê Willem Burger, uitvoerende komiteelid van die Worcester Besigheidsforum. “Deelnemende winkels kan geïdentifiseer word deur die Winkelhart-logo en onthou om jou Winkelhart-sak saam te bring om vir spesiale aanbiedinge te kwalifiseer.”

Volgens die forum, sal die eerste 1000 herbruikbare inkopiesakke gratis beskikbaar wees en sal daarna teen kosprys verkoop word by deelnemende kleinhandelaars. Die bekendstelling van die Worcester Winkelhart val saam met môre (Vrydag 5 Desember) se aanskakeling van die liggies.

Die eerste Winkeldag word Saterdag 6 Desember gehou. “U word hartlik uitgenooi om beide geleenthede by te woon, maar meer belangrik om Saterdag se opwindende gebeure en spesiale aanbiedings net betyds vir Kersfees te geniet” sê Wullschleger.

Om vir ’n gratis Winkelhart-inkopiesak te registreer en eerste ingelig te wees oor gebeure en kompetisies, SMS jou naam, van en selnommer na 0837352038 (standaard SMS-tariewe geld), e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of bel die Worcester Besigheidsforum by 0230040477.

SAFETY TRAILER BRINGS SENSE OF COMFORT TO CBD

MATTHEW SHELDON Worcester Standard

WBF Login